Radikale Skryfwerk

NEEM ASB KENNIS: BESTELLINGS VIR 2016 IS GESLUIT.
Chantelle is vanaf 2015 die enigste skrywer van die Radikale Redenaar. Elke toespraak word spesiaal vir die redenaar geskryf en geen duplisering van toesprake vind plaas nie.

Wil u graag een bestel? Gaan so te werk:

Stuur ‘n epos aan radikaleredenaar@yahoo.com met inligting rondom die redenaar en toespraak. Watter graad, skool, geslag? Afrikaans, Engels of tweetalig? Onderwerp? Belangstellings?
Linda sal dan binne 24uur ‘n epos terugstuur met ‘n unieke verwysingsnommer en al die nodige inligting
U betaal die toespraak en Chantelle begin skryf
Sodra die toespraak klaar is, word die toespraak aan u gestuur.
Kostes
Graad R-3 R350
Graad 4-5 R400
Graad 6-7 R450
Graad 8-9 R500
Graad 10-12 R550
Enige ander skryfwerk, soos dramatekse en spanredenaars, sal gekwoteer word.